Skip to content

Petco en DJ Ready D maak herwinning pret vir skole in Mitchells Plain

# ‘n Organisasie wat verbruikersverantwoordelikheid aanmoedig, Petco, span saam met die kunstenaar van die Kaapse Vlakte, DJ Ready D, en die Groot Kaapse Ambassadeur-projek om ʼn prettige en opvoedkundige herwinningskompetisie bekend te stel. Skole in Mitchells Plain gaan die volgende drie maande so veel as moontlik plastiekbottels en flesse, en verpakkingskarton bymekaarmaak. Die skool wat die meeste versamel, wen ʼn kontantprys van 50-duisend-rand. DJ Ready D sê die kompetisie wil mense leer dat herwinning nie vervelig hoef te wees nie.