Skip to content

Ses mense in Pretoria aangekeer vir internasionale renosterhoring-smokkelary

# Ses vermeende lede van ‘n internasionale sindikaat wat met renosterhoring smokkel is vanoggend in Sunnyside, Pretoria, in hegtenis geneem. Die vyf mans tussen die ouderdom van 49- en 84-jaar en die 60-jarige vrou het hulle aan die Valke oorgegee. Die volg na ‘n langdurige ondersoek na oorgrens-handeldryf met renosterhoring sedert 2017. Beweerde bedrieglike permitte het 964 renosterhorings vir onwettige uitvoer na Suidoos-Asië geteiken. Die ses sal na verwagting in die Pretoriase Landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog, diefstal, rampokkery en geldwassery.