Skip to content

Rooipanda-tweeling gebore in dieretuin-teelprogram

# ‘n Rooipanda-tweeling is in ‘n dieretuin op die Isle of Wight in die suide van Engeland gebore nadat die ouers verlede jaar aan mekaar voorgestel is. Die tien-jaar-oue ma, Xiao, is gepaar met ‘n 10-maande oue mannetjie, Flint, wat van Belfast se dieretuin ingevoer is. Die welpies sal in die nesbokse bly tot hulle minstens drie maande oud is. Die bedreigde spesie leef in die oostelike Himalajas en China met getalle wat dramaties afneem. Rooipandas word gejag vir hulle pels, gevang in slagysters en bedreig deur ontbossing.