# President Cyril Ramaphosa sê die regering is besig om teikenaansporings te finaliseer vir die bevordering van elektriese voertuigproduksie, batterylokalisering, en skoon mobiliteitinnovering in Suid-Afrika. Ramaphosa het met die bekendstelling van die BMW X3 inprop-hibriede-voertuig in Pretoria gesê die maatreëls sal die oorskakeling na ‘n lae-koolstof ekonomie ondersteun en sal nuwe geleenthede vir plaaslike vervaardiging ontsluit. Hy het ‘n beroep gedoen op vervaardigers om in Suid-Afrika se groen-ekonomie te belê: