# ‘n Seldsame stuk van Mars is Woensdag vir 77-miljoen-rand verkoop op ‘n veiling in New York. Die grootste Mars-meteoriet wat ooit op aarde gevind is, bekend as NWA 16788, weeg 24,5-kilogram en is byna 38 sentimeter lank. Volgens Sotheby’s is dit in November 2023 in ‘n afgeleë streek van Niger ontdek en is 70-persent groter as die vorige stukke van Mars wat op die aarde beland het. Ongeveer 400 Mars-meteoriete is tot dusver op aarde gevind.
Grootste rots van Mars ooit op Aarde gevind verkoop vir R77-miljoen op veiling