Skip to content

Wêreldkollig op TUT se ROTOCON wynetiket-ontwerpkompetisie

# Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie sê die gesogte ROTOCON Wynetiketontwerpkompetisie sal wêreldwye erkenning ontvang. Die erkende bedryfspublikasie, Labels & Labelling gaan ‘n artikel oor die kompetisie in hul komende uitgawe publiseer. TUT sê die artikel sal by Labelexpo Europe 2025 versprei word, wat nie net ROTOCON se werk nie, maar ook dié van opkomende ontwerpers aan ‘n wêreldwye gehoor bekendstel. ‘n Derdejaarstudent in Geïntegreerde Kommunikasie-ontwerp, Mufaro Ncube, is vanjaar se kompetisiewenner met sy ontwerp, The Point.