Skip to content

Naamsa waarsku Amerikaanse tariewe kan nywerheidspilpunte in spookdorpe verander

# Die Motorbedryfsraad, Naamsa, sê die nuwe Amerikaanse tariewe van 30-persent op Suid-Afrikaanse voertuiguitvoere kan belangrike nywerheidspilpunte soos die een in Oos-Londen in die Oos-Kaap in spookdorpe verander. Naamsa verwelkom die regering se voortgesette diplomatieke pogings, en het ‘n belastingvrye kwota van 40-duisend voertuie per jaar voorgestel om die Amerikaanse uitvoermark te beskerm. Naamsa se uitvoerende hoof, Mikel Mabasa, het albei regerings aangespoor om die handelsonderhandelings te bespoedig om langtermyn skade aan die vervaardigingsbedryf te voorkom.