# Motorsport: Die tweemalige Dakar-motorfietskampioen, Sam Sunderland, gaan in September probeer om in minder as 19 dae om die wêreld te ry. Die 36-jarige Brit sê hy besef dit gaan geestelik uitdagender wees as enigiets wat hy nog ooit gedoen het. Kevin en Julia Sanders het die rekord van 19-dae-agt-ure-25-minute in 2002 opgestel, maar die Guinness-wêreldrekords erken nie meer die prestasie nie omdat dit so gevaarlik is. Sunderland sal meer as een-duisend-600-kilometer per dag moet aflê om sy doelwit te bereik.
Motorsport: Tweemalige Dakar-kampioen wil binne 19 dae om die wêreld ry