# Die Britse regering sê hy bly daartoe verbind om Afrika se oorskakeling na hernubare energie deur Afrika-gedrewe vennootskappe te ondersteun. Die Britse handelsdirekteur Hannah Williams het tydens ‘n gesprek by die Afrika Energieforum in Kaapstad gesê Britse stel uitvoerfinansiering van 103-miljard-rand vir skoon energieprojekte in Afrika beskikbaar. Sy het Brittanje se kragte in groenfinansiering, ingenieurswese, en hernubare tegnologie beklemtoon. Die Verenigde Koninkryk gebruik die Afrika Energieforum om Afrika-regerings aan Britse maatskappye bekend te stel om die vasteland se verskuiwing na groenenergie te versterk.
Brittanje ondersteun Afrika-gedrewe groenenergie-beweging met R103-miljard se finansiering