Skip to content

Nege Wes-Kaapse vissershawens kry nuwe uithangborde

# Nege van die Wes-Kaap se 12 vissershawens het opgegradeerde, hoogs sigbare uithangborde ontvang as deel van ʼn opknappingspoging gelei deur die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George. Die projek is deel van die “Visvang vir Vryheid”-toer wat waardigheid wil herstel en plaaslike ekonomieë bevorder deur hawe-identiteit en funksionering te verbeter. Hawens soos Kalkbaai, Houtbaai en Saldanhabaai spog nou met nuwe uithangborde en die ander hawens soos Hermanus en Gansbaai kry binnekort hulle beurt.