# Die Black Coffee-stigting het 500-duisend-rand ingesamel om slagoffers van die Oos-Kaapse oorstromings by te staan. Neëntig mense is dood en duisende dakloos gelaat. Die stigting het sedert die eerste ontruimings kos, klere en skoonmaakmiddels aan gesinne in Mthatha geskenk. Die musikant DJ Black Coffee het ook ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om slagoffers by te staan met komberse, warm klere, nie-bederfbare voedsel en baba-produkte. Mense kan skenkings doen deur die stigting.
Black Coffee-stigting samel R500-duisend in vir Oos-Kaapse vloedslagoffers