Skip to content

Skietsport: Tiener verteenwoordig Suid-Afrika in internasionale skietkompetisie

# Skietsport: Die 17-jarige Ruben Rudling van Port Shepstone gaan Suid-Afrika in Augustus by die Britse Junior wêreldbyeenkoms in Engeland verteenwoordig. Ruben is een van twee leerders van KwaZulu-Natal wie se passie en skietvaardighede hom ‘n plek in die Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleskuttersunie se nasionale toer verseker het. Sy gesin het reeds die helfte van die 75-duisend-rand ingesamel wat vir die toer nodig is, maar Ruben vra verdere ondersteuning op sy BackaBuddy-blad om sy internasionale droom te verwesenlik.