Skip to content

See-olifant lê verrassende besoek af by Gordonsbaai se inwoners

# Inwoners van Gordonsbaai in Kaapstad het vanoggend wakker geword met die onverwagte gesig van ‘n see-olifant wat deur die strate beweeg – amper ‘n kilometer van die water af. Aanlyn foto’s en video’s wys die sigbaar uitgeputte rob wat stadig beweeg en selfs met sy bolyf op ‘n geparkeerde voertuig rus. Lede van die Kaap die Goeie Hoop Dierebeskermings-vereniging het gaan help. Woordvoerder Belinda Abraham sê inspekteurs werk aan ‘n veilige plan om die dier terug in die see te kry sonder om hom te veel te ontstel.