# Die Suid-Afrikaanse kunstenaar, Marlene Dumas het ‘n nuwe wêreldrekord opgestel vir die duurste werk deur ‘n lewende vroulike kunstenaar. Haar skildery uit 1997, Miss January, is vir sowat 245-miljoen-rand op ‘n veiling van Christie’s in New York verkoop. Die skildery van 2,8-meter hoog het die vorige rekord van Jenny Saville se Propped in 2018 oortref. Dumas het haar kunsloopbaan in Kaapstad begin en later na Nederland verhuis waar sy geleidelik ‘n internasionale aanhang opgebou het. Dié rekord beklemtoon die toenemende erkenning van vroue-kunstenaars in die wêreld-kunsmark.
SA kunstenaar Marlene Dumas stel nuwe rekord op vir duurste werk wat deur ‘n lewende kunstenaar verkoop word