# Vyf Suid-Afrikaanse rolprentvervaardigers gaan hulle onafhanklike kortfilms in Junie by die 29ste jaarlikse Amerikaanse Swart Rolprentfees in Miami tentoonstel. Ayanda Halimana, Kopedi Aphane, Donna Sibande, Chris Djuma, en Nondumiso Buthelezi-Masache is as die wenners van die eerste Suid-Afrikaanse Kortrolprentfees aangewys, ‘n nuwe program wat by vanjaar se geleentheid bekendgestel word. Die fees se stigter, Jeff Friday, sê hulle is stomgeslaan deur die gehalte, oorspronklikheid en emosionele krag van die inskrywings wat hulle vanjaar van Suid-Afrika ontvang het.
Vyf SA onafhanklike kortfilms by Amerikaanse Swart rolprentfees te sien