# Die Departement van Water en Sanitasie het verdere beheerde water-uitvloei by die Vaalrivierstelsel ingestel. Twee bykomende sluise is oopgemaak met die Vaaldam wat tans 111-persent vol is. Intussen het die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, gewaarsku die uitvloei sal ook by die Bloemhofdam verhoog word met die dam wat byna 107-persent vol is. Mavasa sê oorvol damme, insluitend Grootdraai, Gariep en Vanderkloof, het vloedrisiko’s veroorsaak en inwoners naby vloedlyne word versoek om laagliggende gebiede te ontruim en te vermy.
Stygende damvlakke lei tot verdere uitvloei van water om oorstromings te voorkom