# SANParke versoek Paasnaweekbesoekers aan die Krugerwildtuin om vooraf aanlyn te bespreek as gevolg van die verwagte hoë getalle. Woordvoerder JP Louw sê hek-kwotas en tydgleuwe sal ingestel word, en bykomende amptenare sal besoekers se spoed en gedrag monitor. Louw het beklemtoon voertuie sonder nommerplate sal toegang geweier word. Hy bepleit samewerking, veiligheid en respek vir parkreëls om ‘n gladde, aangename besoek oor Paastyd te verseker.
SANParke versoek Paastyd-besoekers aan die Krugerwildtuin om vooraf te bespreek en reëls na te kom