Skip to content

Ksenia Karelina se SA kêrel dankbaar vir Trump se rol in haar vrylating

# Die Russies-Amerikaanse vrou Ksenia Karelina se Suid-Afrikaanse kêrel, Chris van Heerden, het president Donald Trump bedank vir sy rol in haar vrylating. Karelina het 12-jaar tronkstraf in Rusland uitgedien vir hoogverraad en is vrygelaat as deel van ‘n gevangene-uitruiltransaksie tussen die VSA en Rusland. Van Heerden is ‘n voormalige bokskampioen en Karelina se saak is aangevuur deur die rolprentregisseur, Peter Berg, en die uitvoerende hoof van die Ultimate Fighting Championship, Dana White, wat dit aan Trump oorgedra het. Volgens bronne het Trump die saak hierna ‘n prioriteit gemaak.