Skip to content

Tennis: Billie Jean King die eerste sportster wat met ‘n ster op Hollywood se Walk of Fame vereer word

# Tennis: Die Amerikaanse legende Billie Jean King sê sy wil nie die laaste sportster wees aan wie ‘n ster op Hollywood se Walk of Fame toegeken word nie. Die 81-jarige is vereer in die nuwe sportvermaaklikheid-kategorie op die beroemde sypaadjie in Los Angeles, wat vroeër tot sterre van rolprent, televisie, radio, teater en musiek beperk was. King het 39 enkel- en dubbelspel- Grand Slam-titels gewen, en die WTA-liggaam gestig vir beroepsvrouespelers. Sy is ook ‘n voorstander van geslagsgelykheid en maatskaplike geregtigheid.