# Warren Eva het geskiedenis gemaak deur die eerste Suid-Afrikaner te word om Annapurna in Nepal te bestyg, wat een van die gevaarlikste bergspitse in die wêreld is. Hy het die hoogte van agt-duisend-en-91-meter bereik en daarmee sy naam onder elite-bergklimmers verewig. Dit volg op sy geskiedkundige klimtog van die tweede hoogste berg in die wêreld, K2 in Asië, in 2022. Eva en sy mede-klimmer, John Black, het ondanks gevaarlike toestande tot op die spits voortgebeur en daarmee 57-duisend-rand vir die welsynsorganisasie Food 4 Hope ingesamel.
Warren Eva maak geskiedenis as eerste Suid-Afrikaner om Annapurna uit te klim