Skip to content

Wesgro help Wes-Kaap uitvoerders te midde van Amerikaanse tariewe

# Die Wes-Kaapse handel- en beleggingsagentskap, Wesgro, het sy verbintenis aangekondig om plaaslike uitvoerders te ondersteun wat met die nuwe Amerikaanse tariewe te kampe het. Amerika het ‘n tarief van 31-persent op Suid-Afrikaanse goedere opgelê, wat sleuteluitvoere soos sitrus en wyn raak. Verlede jaar is agt-persent van die provinsie se uitvoere na Amerika, wat 16,2-miljard-rand beloop het. Wesgro het ‘n aanlyn bron bekendgestel om uitvoerders te help.