Skip to content

Wes-Kaapse LUR vier werkskepping en kulturele eenheid by 29ste KKNK in Oudtshoorn

# Die Wes-Kaapse LUR vir Kultuursake en Sport, Ricardo Mackenzie, het die ekonomiese en kulturele impak van die 29ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn gevier. Mackenzie het tydens die fees gepraat en beklemtoon verlede jaar se fees het bykans 178-miljoen-rand tot die provinsie se ekonomie bygedra. Mackenzie het bygevoeg die fees het ook meer as 200 tydelike werksgeleenthede, 288 geleenthede vir stalletjiehouers en werk vir honderde kunstenaars en tegniese personeel geskep. Vanjaar se fees duur tot Sondag.