Skip to content

Biblioteekboek na 24 jaar terugbesorg

# ‘n Boek wat op 8 Maart 2001 aan die Sentrale Biblioteek van die Stad Kaapstad terugbesorg sou word, het uiteindelik ná 24 jaar sy opwagting gemaak. Die boek, French Cinema, deur Roy Armes, is tydens die biblioteek se boetevryeweek terugbesorg. Die persoon wat die boek uitgeneem het, het emigreer en die boek is ontdek toe die persoon se besittings uitgepak is. Alhoewel dit nie meer op die stelsel gelys word nie, is dit ‘n geskiedkundige terugkeer. Meer as 13-duisend agterstallige items, ter waarde van 1,6-miljoen-rand, is tot dusver terugbesorg.