Skip to content

Fleur du Cap-teatertoekennings erken room van SA-teater

# Die 60ste Fleur du Cap-teatertoekennings is Sondag in die Kaapstad-stadion aangebied om erkenning te gee aan die room van die land se teaterbedryf. Albert Pretorius is as beste akteur aangewys vir sy rol in Othello, terwyl Emily Child die toekenning ontvang het vir beste vrouespeler in A Streetcar Named Desire. Dean Barley was die beste manlike byspeler vir sy rol in Vér in die Wêreld Kittie, en Leah Mari die beste vroulike byspeler in My Fair Lady. Sylvaine Strike is aangewys as die beste regisseur met Spring Awakening.