Skip to content

Gesogte navorsingsetel aan UWK-professor toegeken

# ‘n Gesogte navorsingsetel, die British Academy/NRF UK-SA Bilateral Digital Humanities Chair in Culture and Technics, is toegeken aan ‘n professor aan die Universiteit van die Wes-Kaap, Premesh Lalu. Die vooraanstaande navorsingspos word gesamentlik befonds deur die Britse Akademie en Suid-Afrika se Nasionale Navorsingstigting. Lalu se navorsing sal handel oor hoe mense en tegnologie saam ontwikkel het, veral in die konteks van Suid-Afrika se geskiedenis van apartheid. Oor die afgelope ses jaar van die stigting se prestigeprogram is bykans 300 doktorale/meesters en na-doktorale navorsers gesteun.