# Rise Against Hunger Africa vier ‘n dekade van die stryd teen honger deur maaltydverspreidings, volhoubare projekte en rampverligting. Die organisasie sonder winsbejag bestuur Vroeë Kinderjare-ontwikkelingsvoedingsprogramme in sewe provinsies, wat voedselsekerheid vir kwesbare kinders verseker. Met sy jongste inisiatief het drie-duisend-500 studente aan die Universiteit van die Witwatersrand 153-duisend-624 maaltye gepak vir die Vroeë Kinderjaresentrums. Die organisasie loof sy personeel vir hulle passie, harde werk en geloof in ‘n wêreld sonder hongersnood.
Rise Against Hunger Africa vier 10 jaar se stryd teen honger