Skip to content

Universiteit Stellenbosch maak potloodsakkies van herwinde materiaal vir studente [KLANK]

# Die Universiteit Stellenbosch werk saam met ʼn nie-regeringsorganisasie, Yeyethu Designer Studio, om ongebruikte materiaal te herwin en dan te gebruik om potloodsakkies vir studente te maak. Charlene Wicomb van die universiteit sê baie materiaal, soos vlae wat gebruik word om die instelling te bemark, word weggegooi. Bulelwa Tito, wat die Yeyethu Designer Studio van die Kuyasa Horizon Empowerment-organisasie in Kayamandi bedryf, sê die projek is lewensveranderend. Wicomb sê die potloodsakkie-projek het tot ander idees vir herwinning gelei:

ENG WicombOnNGO