Skip to content

SA-sitrusuitvoere deur oorlog en uiterste weerstoestande geraak

# Suid-Afrika het sy sitrusuitvoerberaming afwaarts aangepas, na die oorlog in Iran besendings na die Midde-Ooste ontwrig en swaar weer oeste beskadig het. Die Sitruskwekersvereniging verwag nou dat 197,9-miljoen kartonne van 15 kilogram dié seisoen uitgevoer sal word, vergeleke met die vorige 209,4-miljoen. Suid-Afrika stuur gewoonlik sowat 20-persent van sy sitrus na die Midde-Ooste, maar die konflik het skeepsroetes ontwrig en vervoerkoste laat styg. Oorstromings in die Wes- en Oos-Kaap het die probleme vererger, met skade aan sommige boorde wat produksie selfs ná hierdie seisoen kan beïnvloed.