# Die Wes-Kaapse LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Wendy Kaizer-Philander, sê dis belangrik om aktief oud te word en geleenthede vir ouer mense te skep om gesond en onafhanklik te leef en sosiaal te verkeer. Twee-en-neëntig ouer persone het die provinsie verlede maand in Bloemfontein verteenwoordig op die Nasionale Program vir Aktiewe Veroudering, ook bekend as die Goue Spele. Kaizer-Philander sê die verskeie sportbedrywighede is daarop gemik om aktiewe veroudering, fisieke gesondheid, geesteswelstand en sosiale insluiting te bevorder:
Wes-Kaapse seniors wys op Goue Spele ouderdom is net ’n syfer [KLANK]
AFR PhilanderONActive