# Aandeelhouers van Omnia het ‘n koopaanbod van 21,8-miljard-rand deur die Solar-groep van Indië goedgekeur. Dit baan die weg vir die 73-jaar oue Suid-Afrikaanse kunsmis- en plofstofvervaardiger om sy notering op die Johannesburgse Aandelebeurs te skrap. Die aanbod waardeer die onderneming teen 134-rand-50-sent per aandeel. Solar sê die ooreenkoms weerspieël sy vertroue in Omnia se langtermyn-groeivooruitsigte. Die verkryging sal na verwagting Solar se wêreldwye mynbouplofstof-bedrywighede versterk en sy landboubelange uitbrei onderhewig aan goedkeuring.
Omnia-aandeelhouers keur Solar-groep van Indië se koopaanbod van R21,8-miljard goed