# Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het streeksprogramme vir die bewaring van plantgenetiese hulpbronne verskerp, met ongeveer 82-duisend bronne wat nou beveilig is. Dit maak deel uit van pogings om voedselsekerheid te versterk, landbou-bioverskeidenheid te bewaar en veerkragtigheid teen klimaatsverandering te verbeter. Die SAOG se direkteur vir Voedsel, Landbou en Natuurlike Hulpbronne, Fahari Marwa, sê vernuwende beleide, sterker vennootskappe en verhoogde belegging is nodig om bewaring, vermoënsbou en die volhoubare benutting van plantgenetiese hulpbronne te ondersteun.
SAOG beveilig 82 000 plant genetiese bronne om streek-voedselsekerheid te versterk