# Die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell, sê die land se verwydering uit die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika was ‘n “voorspelbare en voorkombare” gevolg van regeringsbeleid. Die Amerikaanse Handelsverteenwoordiger, ambassadeur Jamieson Greer, sê die Suid-Afrikaanse regering het praktyke toegepas wat nie in ooreenstemming is met AGOA se geskiktheidskriteria nie. Bozell sê hy bly hoop die twee lande kan ‘n manier vind om breër bilaterale kwessies aan te spreek, maar die regering moet die erns van die situasie besef. Suid-Afrika is verantwoordelik vir 54-persent van alle AGOA-verwante uitvoere na die VSA.
Amerikaanse ambassadeur Bozell sê Suid-Afrika se verwydering uit AGOA was ‘voorspelbaar en voorkombaar’