Skip to content

Amerika wil Suid-Afrika en Rwanda se AGOA-voordele van 2027 af staak

# Amerika beplan om Suid-Afrika en Rwanda van Januarie 2027 af belastingvrye toegang tot die Amerikaanse mark volgens die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika te weier. Die Amerikaanse handelsverteenwoordiger, Jamieson Greer, sê president Donald Trump het bevind albei lande se regerings oortree AGOA-vereistes. Hy noem struikelblokke wat handel en beleggings betref, korrupsie en kommer oor nasionale veiligheid. Suid-Afrika trek die meeste voordeel uit die skema met 54-persent van alle AGOA-verwante uitvoere na Amerika. Tussen 2019 en 2024 is sowat 300-miljard-rand se goedere uitgevoer.