Skip to content

Ambassadeur Meyer sê gespanne verhouding tussen Suid-Afrika en Amerika moet dringend herstel word

# Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika, Roelf Meyer, erken dat die diplomatieke betrekkinge tussen die twee lande onder druk verkeer en van albei kante dringend moet aandag kry. Spanning tussen Pretoria en Washington het onlangs toegeneem nadat die Amerikaanse regering nuwe visumbeperkings aangekondig het teen mense wat hy beskuldig van betrokkenheid by rassediskriminasie en grond-onteiening sonder vergoeding. Meyer het aan die Kaapstadse Persklub gesê die verhouding strek verder as politiek en diplomasie en het ʼn regstreekse uitwerking op Suid-Afrika se ekonomiese groei, beleggingsvooruitsigte en indiensneming.