# Huldeblyke stroom in vir die 65-jarige Janine Lochrenberg, wat gister in ‘n haai-aanval op Orientstrand in KuGompo City in die Oos-Kaap gesterf het. Die afgetrede kernradiograaf en mediese fisikus was ook ‘n talentvolle musikant en ‘n ywerige oopwaterswemmer. Sy word beskryf as intelligent, bedagsaam en dapper. Die Oos-Londense Oopwater-swemvereniging sê Lochrenberg is dood waar sy die gelukkigste was en hul onthou haar pragtige glimlag, goedhartigheid en bydrae tot die swemgemeenskap en die musiekgroep Viva Musica.
Gemeenskap beskryf slagoffer van Oos-Kaapse haai-aanval as dapper