Skip to content

Regering gaan op Erfenisdag 10-miljoen bome plant in gesamentlike reaksie op klimaatsverandering

# Die adjunkminister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Bernice Swarts, gaan Donderdag op Erfenisdag ‘n landwye veldtog lei om 10-miljoen bome te plant. Dis deel van president Cyril Ramaphosa se Een-Miljard-Bome-program, om burgers aan te spoor om die uitwerking van klimaatsverandering te beperk. Swarts sal die hoofgeleentheid in Vryheidspark in Pretoria lei voor sy by die Gautengse LUR vir Omgewingsake, Ewan Botha, in Noordgesig, Soweto, aansluit. Bome sal in al nege provinsies in veilige openbare ruimtes geplant word, insluitend skole, hospitale, kolleges, polisiekantore, kerke, parke en woongebiede.