# Die Stad Johannesburg is aangewys as ‘n finalis wat hoë lof ontvang het in ‘n kategorie van die Internasionale Vereniging van Tuinboukundige Produsente se Wêreld-Groenstad-toekennings vir 2026. Die stad se vergroeningsprojek wat deur Stadsparke en die Dieretuin gelei word, is een van drie internasionale finaliste. Die besturende direkteur, Thanduxolo Mendrew, sê die program gee aandag aan geskiedkundige ongelykhede ten opsigte van toegang tot bome en groen ruimtes, terwyl dit ook die noodsaaklikheid beklemtoon om die verouderende boombedekking te beskerm en gesonder, klimaatbestande gemeenskappe te bou.
Johannesburg onder top drie in internasionale Groenstad-toekennings