# Die Afrika-ontwikkelingsbank het ‘n reaksieplan ter waarde van tot 82-miljard-rand goedgekeur om Afrikalande te help tydens die wêreldwye energie- en kunsmiskrisis. Die plan sal befondsing voorsien om voedsel-, energie- en kunsmisvoorrade te beskerm en kwesbare huishoudings ondersteun. Die bank sal elke land se kwesbaarheid beoordeel volgens die erns van hul energie- en kunsmisuitdagings en die plan sal dan op aanvraag beskikbaar gestel word aan lande wat aansoek doen.
Afrika-ontwikkelingsbank stel R82-miljard beskikbaar vir kunsmis- en energiekrisis