# ‘n Digte rookwolk as gevolg van veldbrande in Indonesië versprei tans oor Suidoos-Asië terwyl ‘n sterk El Niño warmer en droër toestande veroorsaak. Miljoene mense in Indonesië, Maleisië en naburige lande is blootgestel aan moontlike gevaarlike lug. Byna 95-duisend hektaar grond in Indonesië het in Julie gebrand, terwyl owerhede duisende brandpunte opgespoor het. Die rook het reeds skoolsluitings veroorsaak en buiteluggeleenthede in dele van Maleisië is gekanselleer. Amptenare vrees die situasie kan vererger met El Niño wat hierdie maand sy hoogtepunt bereik.
Verstikkende veldbrandrook in Suidoos-Asië terwyl El Niño verskerp