# Die Vereniging van Vleis-invoerders en-uitvoerders sê Suid-Afrikaanse verbruikers betaal hoër pryse vir beesstert omdat beperkings op invoere uit Argentinië die aanbod steeds onder druk plaas. Beesstertpryse het gestyg van tussen 79- en 99-rand per kilogram vroeër vanjaar tot 199-rand. Die vereniging sê Suid-Afrika maak sterk staat op Argentynse invoere, en het die Departement van Landbou gevra om die wetenskaplike basis vir die hersiene invoervereistes te verduidelik en dringend te heroorweeg.
Beesstertpryse verdubbel terwyl Argentynse invoere beperk bly