# ‘n Studie deur die Universiteit van Kaapstad het bevind stokvelle kan ‘n belangrike platform word vir die verbetering van voeding en voedselsekerheid in lae-inkomste gemeenskappe. Die Internasionale Navorsings- en Ontwikkelingsentrum het die studie befonds. Ondersoek is ingestel na die uitwerking van kruideniersware-stokvelle op voedselaankope en voedingsverwante besluite in twee lae-inkomstegemeenskappe in Kaapstad, Dunoon en Khayelitsha. Die universiteit sê die groepe het meestal bestaan uit tussen 10 en 30 lede wat elk tussen 200- en een-duisend-500-rand per maand bygedra het.
Studie bevind stokvelle kan help om gesonde eetgewoontes te bevorder