# AfriForum het die voorgestelde wets-wysigings verwelkom om onwettige mynbou tot ’n ernstige misdryf te verklaar, met strawwe van tot 30 jaar tronkstraf en boetes van 100-miljoen-rand. Woordvoerder Jacques Broodryk sê dit moet misdaadsindikate in die geheel teiken, insluitend finansiers, werwers, kopers en mynwerkers. Hy sê onwettige mynbou beskadig gemeenskappe, plase, waterbronne en infrastruktuur. Hy vra strenger ondersoeke, vervolging en optrede teen amptenare wat na bewering die onwettige bedryf moontlik maak:
AfriForum verwelkom strenger voorgestelde maatreëls teen onwettige mynbou [KLANK]
AFR-BroodrykOnIllegalMiningLaws