# Wetenskaplikes in Frankryk het die boustene van die merkwaardige verskeidenheid voëlsang ontdek, wat een van die mees verfynde vorms van klank-kommunikasie in die natuur is. ‘n Navorsingspan het meer as 100-duisend klanke van drie-duisend voëlspesies ontleed en bevind almal bestaan uit agt basiese klankpatrone. ‘n Belangrike bevinding is die omgewing waarin voëls ontwikkel, vanaf tropiese woude tot gematigde landskappe, bepaal hoe hulle hul klank saamstel. Die navorsers waarsku voëlsang kan verdwyn indien hul habitat vernietig word.
Wetenskaplikes ontrafel geheim van voëlsang-verskeidenheid