# Die Nasionale Kernreguleerder ondersoek drie voorvalle van radioaktiewe besoedeling wat gedurende die afgelope twee weke tydens instandhoudingswerk in eenheid twee van die Koeberg-kernkragstasie in Kaapstad voorgekom het. Die reguleerder sê die besoedeling was beperk tot beheerde gebiede in die reaktorgebou en het geen gevaar vir die publiek of die omgewing ingehou nie. News24 berig werkers is gemonitor en hul blootstelling aan bestraling was ver onder die voorgeskrewe veiligheidsperke. Eenheid twee is steeds vanlyn vir geskeduleerde instandhouding en sal na verwagting in September weer in diens gestel word.
Kernreguleerder ondersoek drie voorvalle van radioaktiewe besoedeling by Koeberg