# Die Universiteit Stellenbosch in die Wes-Kaap is weer onder die wêreld se voorste universiteite geplaas. In die jongste QS World University Rankings is die universiteit in die 296ste plek wêreldwyd, teenoor posisie 302 verlede jaar, en isderde in Suid-Afrika en Afrika. Maties word ook beskou as een van die top 2,2-persent van instellings wêreldwyd in die Centre for World University Rankings. Die universiteit se adjunk-visekanselier, Sibusiso Moyo, sê die verbetering is te danke aan sterker prestasie op gebiede soos navorsing, reputasie en internasionale samewerking.
Universiteit Stellenbosch weereens onder wêreld se top 300 universiteite