Skip to content

Weerdiens waarsku oor winderige, koeler toestande oor dele van Suid-Afrika

# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê ‘n afsny-laedrukstelsel sal tot Saterdag winderige, koeler en onstuimige weerstoestande in dele van die land veroorsaak. Die stelsel sal na verwagting die Wes-Kaap, die Oos-Kaap, die Vrystaat, Noordwes en Gauteng raak. Die diens vra motoriste om versigtig te wees op paaie weens moontlik gevaarlike rytoestande wat deur sterk wind veroorsaak word. Die diens waarsku ook matige tot sterk wind kan die gevaar van veldbrande verhoog.