Skip to content

Suid-Afrika maak gereed vir Afrika se grootste Lugruim- en Verdediging-skou

# Suid-Afrika is gereed om in September die 13de tweejaarlikse Afrika Lugruim- en Verdedigingshandelskou op die Lugmagbasis Waterkloof in Pretoria aan te bied. Die tentoonstelling se direkteur, Nakedi Phasha, sê nie minder nie as 300 uitstallers van meer as 40 lande gaan deelneem. Hulle het meer as 200 amptelike afvaardigings genooi en teiken 100 bevestigde afvaardigings van 100 lande. Phasha voeg by sowat 60-duisend mense word tussen 16 en 20 September op die basis verwag.