Skip to content

32 skole op kortlys vir die Nasionale Eduplant skooltuinkompetisie

# Twee-en-dertig skole van regoor Suid-Afrika is as finaliste in die Nasionale EduPlant Skooltuinkompetisie 2025 aangekondig. Hulle is op die kortlys van meer as 300 skole wat aan die begin van verlede jaar by die EduPlant-program aangesluit het. Hulle het omvattende opleiding in perma-kultuurpraktyke ontvang om hulle te help om hul eie groente, vrugte en kruie te kweek. Die 32 skole op die kortlys is uitgesonder vir die manier waarop leerders hul nuutgevonde kennis toegepas het om ‘n suksesvolle tuin te maak. Die wenners word môreaand by ‘n gala-geleentheid aangekondig.