Skip to content

17 Vroeëkinderjare-ontwikkelingsentrums in Johannesburg ontvang veeltalige en multikulturele storieboeke

# Samewerking tussen Read with Wimpy en Ladles of Love het bygedra dat meer as een-duisend-200 splinternuwe boeke aan net meer as 600 kinders by 17 vroeëkinderjare-ontwikkelingsentrums in Johannesburg oorhandig is. Die samewerking spreek twee dringende kwessies aan: honger en geletterdheid. Elke kind ontvang twee boeke wat versigtig gekies is: een in hul moedertaal om basiese leesvaardighede en kulturele identiteit te bou, en een in Engels. Die oorhandiging van die skenking van sesduisend boeke, vind in drie provinsies plaas: Gauteng, Wes- en Noord-Kaap.