Skip to content

Zambiese regering dien nog ’n hofaansoek in oor wyle president Lungu se oorskot

# Die Zambiese regering het ʼn heroorwegingsaansoek by die Gautengse Hooggeregshof ingedien. Dit sal ʼn hofbevel uitdaag wat beveel dat oudpresident Edgar Lungu se oorskot aan die Two Mountains-lykshuis in Pretoria oorhandig word. Die Zambiese regering het verlede week die Hooggeregshof-bevel van Augustus 2025 uitgevoer wat hom die reg gee om Lungu se oorskot na Zambië te neem vir ʼn staatsbegrafnis. Lungu se familie het egter ʼn dringende bevel gekry dat sy liggaam aan die lykshuis terugbesorg word. Die regering sê hierdie bevel is in sy afwesigheid toegestaan.